“Die Persoonlikheidstoets”
Nov 11th, 2009 by huisvrou
Loer net so bietjie hier regs op die skerm. Onder my kuierplekkies. Daar is ‘n grafiek….By Vlam het ek dit raakgelees en uit pure nuuskierigheid myself ook getoets. Interessante dinge geleer…. Met die naderende einde van my skoolloopbaan het ek net een ding verseker geweet - ek gaan universiteit toe. Vinnig sou ek moes kies watter een - het sommer besluit die Eikestad is ver genoeg van my ouers af
, maar moes besgee en kies tussen die Puk en Kovsies. Alibama het die deurslag gegee en Potch sou dit wees.Inskrywingsvorms is aangevra, maar o wee, keer op keer kom die vraag: Watter studie-rigting? Ek weet nie. So eenvoudig soos dit. Aanlegtoetse, persoonlikheidstoetse, beroepsvoorligting, die hele kaboedel is ek deur, sommer 2 keer. Een voorligter reken - jy kan enigiets gaan doen. ‘n Ander stel selfs aptekerswese voor. My reaksie: “OK, dan is dit aptekerswese.” Geskok keer sy; ek mag nie kies wat sy sê nie, ek moet self besluit. Goeiste tog, dis immers hoekom ek by haar draai - om my te help…..So skryf ek toe in vir Kommunikasiekunde (stopvak op die Puk in my jare). Na my matriek-eksamen verander ek dit na Ingenieurswese (en ek het nooit TT op skool gehad nie!). Beland ek die week voor die amptelike ontgroening begin op die PUK, ten einde die somerskool in TT by te woon (ek moet iewers iets probeer opvang!
) Na 3 dae vertel ek aan die dosent - jammer, maar ek en hierdie vakkie gaan nie regkom nie. “Juffrou,” was sy verbaasde reaksie, “maar jy is my beste student.” Ek is jammer om daarvan te hoor, maar ek gaan nié met ingenieurswese voort nie.Hmmm, nou wat nou? Skryf tog net in vir IETS. Goed, kom ons doen maar ‘n suiwer B.Sc - met vakke soos Chemie, Fisika, Wiskunde en Rekenaarwetenskap (programmering). O, alle vetkoekies, dit was NAG…. donker gitswart nag. Twee weke, toe storm ek die studente-voorligter se kantoor binne: HELP!!! Wat kan ek met hierdie vakke doen? Sy reaksie: Jy sal nie net 3 jaar kan studeer nie, maar ten minste 5 jaar, waarna jy óf onderwys óf navorsing sal kan gaan doen. HU?? Ek, onderwys? Vergeet dit…Weer word ek aan die toetsbattery onderwerp. Na sy ontleding is sy voorstel aan my: jy moet met mense werk, maar nie intiem nie - dus personeelbestuur. Jy moet B.Sc doen, nie B.Comm nie. En ek wil rekenaarwetenskap behou - ek is mal daaroor.Binne ‘n week weet ek toe, nou het ek tuisgekom. Hierdie kursus pas my soos ‘n handskoen. Te heerlik.Wat het dit nou met die persoonlikheidstoets te doen? Niks en tog alles. Aan die einde van die persoonlikheidstoets is daar ‘n lys van moontlike beroepe - en raai wat word alles onder my persoonlikheidstipe gelys
- Computer Programmer
- Human Resources Manager
- Researcher
En my hoofvakke in my finale jaar: Rekenaarprogrammering - Personeelbestuur - Statistiek…..Wens ek het die man se naam destyds gevat, sodat ek hom kan bedank.Ander interessante stukkies inligting oor hierdie persoonlikheidstipe, wat as “engineer” geklassifiseer word
“INTPs are relatively easy-going and amenable to most anything until their principles are violated, about which they may become outspoken and inflexible. They prefer to return, however, to a reserved albeit benign ambiance, not wishing to make spectacles of themselves.”Kan nogal hiermee saamstem. Ek raak uitgesproke oor tuisopvoeding, huwelike, gesinne en Godsdiens. Sê my sê en word nie oortuig nie, maar bly gou weer stil.“The INTP is above all a thinker and his inner (private) world is a place governed by a strong sense of logical structure. Every experience is to be rigorously analysed, the task of the INTP’s mind is to fit each encountered idea or experience into a larger structure defined by logic.”Dit is wat die meeste probleme in my huis veroorsaak - alles gebeur in my kop, maar kom nie by my hande uit nie
Nou moet jy weet, beste helfte het sy eie, totaal unieke en anders-as-ek-persoonlikheid.“INTPs contribute a logical, system-building approach to their work. They like being the architect of a plan, because of the scheming and thinking involved, far more than being the implementer of that plan. Implementation tends to be drudgery. They are content to sit back and think about what might work, given their view of the situation. INTPs may ignore standard operating procedures. The hours that they spend are not what is important to them, but rather the completion of their thought process”Sien - ek sal daaroor dink, maar dit nie noodwendig doen nie. Eintlik glad nie doen nie. Ek is mal oor die sinnetjie: They ignore standard operating procedures. Ek sê mos: I’d rather BE the Jones’ than be like the Jones’ .likes solitude, not revealing, unemotional, rule breaker, avoidant, familiar with the darkside, skeptical, acts without consulting others”Hierdie laaste gedeelte is verskriklik baie waar van my. My lelike kant. Ek wys nie emosie nie en kom dus baie hard en onsimpatiek oor. Ek vermy situasies wat ek nie kan hanteer nie, verkies om nie die jaar-eind-funksies by te woon nie. Uiters skepties, wantrou alles en wil elke motief weet. En ek sal optree sonder om eers amper daaraan te dink dat ek dalk ‘n ander in die saak moes geken het, of raad gevra het, of uitgevind het hoe dit werk…Hierdie was vir my ‘n baie goeie oefening en ‘n baie raak beskrywing van die mens wat ek is….









Lekker lag ek nou vir jou!
Jy’s alles wat ek graag sou wou wees. Voete mooi plat oppie aarde. Ek sweef mos erens tussen hier en nerens op ‘n pienk wolkie rond.
Huisvrou, wanneer gaan jy en moeder nou kuier by boet in die verre land? Ek hoop nie jy is al weg sonder om te groet nie?!
Hellloooo…???
Enigiemand tuis?
Vlam,
Lyk of ek nie jou boodskappe vind nie né?
Wel, ek is by die huis, maar ons was vir langer as ‘n week sonder vodacom-verbindings…. dus geen internet nie!!!
Sal nie raai nie, toe ek nou terugkom op die net, wag daar 369 eposse vir my!!!!
Dus moes ek maar lees en uitvee of beantwoord. Ek sal seker darem teen môre (tussen die konfytkokery deur) by my kuierwerf kan uitkom! Groetnis