Impalalelies
Sep 19th, 2009 by huisvrou
Kyker se impala-foto het my laat gryp na ons impala-foto’s.Dis wonderlik hoedat daar midde-in die dordroë winterlandskap van die Wildtuin ‘n spatsel kleur verskyn. Effentjies, fyntjies, maar genoeg om die oog ‘n feesmaal te bied. Dit was veral mooi in Shingwedzi. So tussen roesrooi en dowwe groen mopaniebome deur, hier en daar spatsels wit-pienk kleur.
Die blommetjies van naby:









Ai, ek hoop hierdie een gaan deur…
Ek kan niks wat enigiets met impala-lelies te doen het, weerstaan nie! Jou foto wys die blomme mooi - ek wens ek was ‘n beter fotograaf.
Ek het ook ‘n impala, maar die blomme is helderpienk. Ek moet egter se, ek dink die wit-en-pienk is tog vir my mooier. Maar dis ‘n baie ‘rewarding’ plant. Myne blom letterlik dwardeur die jaar.
Vlam,
nou is hy deur….
Ons het ook in Skukuza van die plante gekoop - seker 8 jaar terug, maar hier by ons wil dit glad nie aard nie. Soek seker maar daardie tropiese, Laeveldse klimaat.